Skip to content

Regering vra hele gemeenskap se samewerking om kinders veilig te hou tydens vakansie

# Die Gautengse Departemente van Gemeenskapsveiligheid en Onderwys vra ouers, voogde en versorgers om kinders se veiligheid voorop te stel hierdie winterskoolvakansie. Die departemente het gister ‘n gesamentlike verklaring uitgereik en waarsku met skole wat tot 21 Julie gesluit is, kan kinders aan groter gevare blootgestel word, deur meer buitelugaktiwiteite, reis en blootstelling aan die internet. Ouers word aangemoedig om toesig te hou oor hul kinders, seker te maak hulle ken belangrike persoonlike inligting en verseker hulle neem deel aan veilige ontspanningsaktiwiteite. Die departemente vra ook die gemeenskappe om ‘n daadwerklike rol te speel in die beskerming van kinders.