# Die regering berei nuwe riglyne voor om koalisie-onderhandelinge en -reëlings na die 2026-plaaslikeregeringsverkiesing te lei. Die riglyne is daarop gemik om politieke bestendigheid te bevorder en te verseker dat meningsverskille tussen koalisievennote nie dienslewering in munisipaliteite ontwrig nie. Die adjunkwoordvoerder van die regering, William Baloyi, sê die riglyne, wat deur die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake vrygestel sal word, sal ‘n duidelike raamwerk vir koalisie-onderhandelinge bied. Baloyi sê die raamwerk is ook bedoel om onbestendigheid en politieke wrywing aan te spreek wat dienslewering in sommige munisipaliteite beïnvloed het.
Regering stel riglyne vir koalisies bekend ná 2026-plaaslikeregeringsverkiesing