# Die regering het die Nasionale Drank-aksieplan aangeneem as ‘n sleutelstrategie om geweldsmisdaad en alkoholmisbruik hok te slaan. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê dit is goedgekeur tydens ‘n vergadering met LUR’e in Mpumalanga ná uitgebreide raadpleging binne die regering. Onlangse misdaadstatistiek toon drankmisbruik is verbind met 231 moorde tussen Januarie en Maart. Cachalia sê die regering sal ook voortgaan om die stryd teen geslagsgeweld en die beskerming van kwesbare groepe voorop te stel.
Regering keur Drank-aksieplan goed om geweldsmisdaad te bekamp