# ‘n Uitstappie het in ‘n tragedie geëindig nadat ‘n onderwyser in ‘n busongeluk in die Noord-Kaap dood is. Volgens berigte was 44 leerders en tien leerkragte van Kathu Laerskool op pad na Seodin Laerskool om aan die Van Drutenliga-sportbyeekoms deel te neem toe die botsing reg van voor met ‘n vragmotor plaasgevind het. Nooddienste het verskeie passasiers op die toneel vir beserings behandel. Owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk en beradingsondersteuning is gereël vir die betrokkenes.
Onderwyser sterf in Noord-Kaapse skoolbusongeluk