# Die IVP-leier Velenkosini Hlabisa sê die party is tevrede met sy prestasie in die plaaslikeregeringsverkiesing en is gereed om met koalisie-onderhandelinge te begin. Hlabisa het die media by die Verkiesingskommissie se Uitslagsentrum in Midrand, Johannesburg, toegespreek en gesê die IVP is bereid om met ander politieke partye in gesprek te tree oor die vorming van koalisie-regerings in munisipaliteite waar hy ‘n leidende rol sal speel. Hy sê die party is ook gereed om prosesse te begin vir die aanstelling van leierskap in munisipaliteite wat hy beheer:
IVP tevrede met 2026-verkiesingsuitslae, gereed vir koalisiegesprekke [KLANK]
ENG HlabisaONCoalition