Skip to content

Ramaphosa sê wêreldhandel moet steeds vry bly en deur reëls gereguleer word

# President Cyril Ramaphosa sê handel tussen nasies is ‘n belangrike deel van ekonomiese vooruitgang, maar daar moet ‘n gelyke speelveld in wêreldhandel wees. Ekonome waarsku dat wêreldhandel met drie-persent kan krimp weens Amerika se nuwe tariefmaatreëls. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief handel moet vry en voorspelbaar bly en deur ‘n reël-gebaseerde stelsel beheer word. Hy sê met ontwikkelende ekonomieë soos Suid-Afrika wat kwesbaar is vir wisselvalligheid in internasionale handel, verskerp die regering sy pogings om ’n verskeidenheid bestemmings vir die land se produkte te kry.