Skip to content

Ramaphosa sê Operasie Vulindlela maak aansienlike vordering

# President Cyril Ramaphosa sê die regering het deur Operasie Vulindlela aansienlike vordering gemaak om die weg te baan vir vinniger, insluitende en volhoubare groei en werkskepping. Operasie Vulindlela is ʼn regeringsinisiatief om vordering in ekonomiese hervorming te versnel. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief vordering is gemaak in plaaslike regering, energievoorsiening, spoorweë en hawens, en die visumstelsel. Ramaphosa sê die wêreld het ekonomiese probleme, maar die land se ekonomiese hervormingsagenda sal toestande skep vir groter groei en belegging.