Skip to content

Ramaphosa sê die regering fokus op veilige en betroubare watervoorsiening

# President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid wil veilige en betroubare watervoorsiening bied om gemeenskappe te onderhou en ekonomiese groei te ondersteun. Die regering het verlede week ʼn nasionale water- en sanitasie-indaba gehou. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief die aanbevelings uit die indaba is rede vir optimisme. Hy sê die aanslag op korrupsie en georganiseerde misdaad in die sektor word verskerp. Dit sluit in die opstel van die Nasionale Water- en Sanitasie-teenkorrupsieforum in samewerking met die Spesiale Ondersoekeenheid.