Skip to content

Ramaphosa beantwoord vandag vrae in die NRP oor onder meer korrupsie en dienslewering

# President Cyril Ramaphosa sal vanmiddag vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord, met die fokus op onder meer dienslewering en nywerheids-herlewing. Die Presidensie sê Ramaphosa sal die kwessie van misdadigheid en korrupsie aanroer, en die regering se planne uiteensit om die spoorwegsektor te laat herleef, wat sal bydra tot werkskepping en ekonomiese groei. Die Presidensie sê hy sal ook meer inligting verskaf oor die status van Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel voor die Internasionale Geregshof.