# ‘n Professor in Regte, Pierre de Vos, sê die Madlanga-kommissie sal uiteindelik net suksesvol wees indien moontlike weerstand van instellings wat by bewerings betrek word, oorkom kan word. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, was verlede week die kommissie se eerste getuie. Hy het politieke leiers en senior polisiebeamptes daarvan beskuldig dat hulle misdaadsindikate beskerm en ondersoeke saboteer. De Vos sê hy bly versigtig optimisties dat die kommissie uitstekende werk sal doen om die waarheid bloot te lê. Hy sê hy voorsien nie dat al hul bevindings en aanbevelings geïmplementeer sal word nie.
Professor in Regte nie optimisties dat aanbevelings van Madlanga-kommissie volledig geïmplementeer sal word nie