Skip to content

Pous Leo keer na sy aangenome tuiste terug tydens ’n toer deur Suid-Amerika

# Pous Leo die Veertiende sal volgende week na Peru terugkeer as deel van ‘n toer deur Suid-Amerika waar hy dekades lank as sendeling en biskop opgetree het. Die pous, wat in Chicago gebore is, het ‘n Peruaanse burger geword en word onthou vir sy hulp aan gesinne tydens die Covid-pandemie, vir hulp ana mense na oorstromings, en ondersteuning aan migrante. Sy besoek aan Peru, Argentinië en Uruguay, vind van 6 tot 17 November plaas. Die 71-jarige pous herstel tans van ‘n operasie vir longkanker, maar dokters sê hy is gesond genoeg om te reis.