Skip to content

Pous Franciskus word vandag ter ruste gelê

# Hooggeplaastes van reg oor die wêreld, asook tienduisende roubeklaers word vanoggend by die Sint Petrusplein in Rome verwag vir pous Franciskus se begrafnis. Die 88-jarige pous is Maandag dood na ʼn beroerte en hartversaking. Mense kon van Woensdagoggend af hul eer betoon terwyl die pous se liggaam by die Sint Petrus-baseliek in ʼn oop houtkis in staatsie lê. Hy word by die Santa Maria Maggiore-baseliek begrawe.