# Die politieke ontleder Susan Booysen sê streng veiligheidsmaatreëls is noodsaaklik vir ‘n vreedsame en geloofwaardige plaaslike- regeringsverkiesing. Spesiale stemme word vandag en môre uitgebring, voor Woensdag se hoofstemdag. Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê hy monitor politieke geweld, betogings en ander moontlike bedreigings, en waarsku dat geweld, intimidasie en wetteloosheid nie geduld sal word nie. Booysen sê die owerhede moet kiesers verseker dat bedreigings ernstig opgeneem word en dat wetlike prosesse gevolg word.
Politieke ontleder sê veiligheidsmaatreëls is noodsaaklik vir ‘n vreedsame verkiesing