# Die politieke ontleder, Bheki Mngomezulu, sê die politieke loopbaan van die voormalige voorsitter van die National Freedom Party in KwaZulu-Natal, Mbali Shinga, is in gedrang na haar uitsetting. Shinga is aan growwe ongehoorsaamheid skuldig bevind nadat sy party-opdragte verontagsaam het om ‘n mosie van wantroue teen premier Thami Ntuli in Desember 2025 te ondersteun. Haar verwydering bedreig haar posisies as lid van die Provinsiale Wetgewer asook LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, wat ‘n invloed op die bestendigheid van die KwaZulu-Natal se Regering van Provinsiale Eenheid het. Hy sê haar verwydering sal die NFP dwing om ‘n plaasvervanger aan te stel.
Politieke ontleder sê loopbaan van voormalige NFP-voorsitter in KZN is in gevaar