# Operasie Shanela II het gelei tot die inhegtenisneming van een-duisend-115 verdagtes tydens ‘n week lange, hoë intensiteit polisieoptrede regoor die Vrystaat. Al vyf distrikte het aan die multidissiplinêre operasie deelgeneem, ondersteun deur intelligensie-geleide inligting. Driehonderd-49 mense is vir aanranding aangekeer, 47 vir poging tot moord, nege vir roof en ses vir moord, asook arrestasies vir dwelm- en eiendomsverwante oortredings. Die woordvoerder, Thabo Covane, sê die polisie het ook onwettige vuurwapens herwin en gesoekte verdagtes aangehou. Hy sê die operasie beklemtoon voortdurende pogings om misdaad te bestry en veiligheid te verbeter.
Polisie maak deurbraak met meer as duisend vasgetrek in Vrystaatse polisie-optrede