Skip to content

Polisie beslag lê op onwettige sigarette ter waarde van R3,6-miljoen in Vrystaat

# Die polisie in die Vrystaat het op onwettige sigarette ter waarde van 3,6-miljoen-rand tydens ‘n gesamentlike intelligensie-gedrewe operasie in Boshof beslag gelê. Polisiewoordvoerder Palesa Thabana sê beamptes het ‘n supermark en ‘n pakhuis deursoek, waar hulle meer as 300 bokse en 15-duisend los pakkies nagemaakte sigarette teruggevind het. Drie mans, onderskeidelik 22, 44 en 56 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van nagemaakte goedere en die oortreding van die Immigrasiewet. Die verdagtes sal na verwagting môre in die Boshof-landdroshof verskyn.