# Die Wes-Kaapse polisie het ‘n soektog na verdagtes van stapel gestuur na ‘n sinnelose daad van geweld wat vroeg vanoggend die lewens van drie mans geëis het. Speurders van die polisie se anti-bende-eenheid ondersoek drie aanklagte van moord na die skietvoorval in Delft op die Kaapse Vlakte. Polisiewoordvoerder Andrè Traut sê die slagoffers is deur onbekende verdagtes oorval wat op hulle losgebrand het en toe van die toneel gevlug het. Hy voeg by die motief vir die aanval is vermoedelik bendeverwant:
Polisie begin soektog na verdagtes na skietvoorval in Delft waarin drie dood is [KLANK]
ENG AndrèonDelft