# Adjunkminister in die Presidensie Nonceba Mhlauli sê die Pesidensiële Jeugindiensnemingsprogram vorder steeds beduidend in sy poging om jong Suid-Afrikaners met inkomstegeleenthede te verbind. Sy het op ‘n nuuskonferensie in Pretoria gesê altesaam 155-duisend-161 nuwe geleenthede is gedurende die vierde kwartaal van die 2025/2026-boekjaar verseker. Die adjunkminister sê die PYEI dien as ‘n multi-sektorale aksieplan wat daarop gemik is om jongmense te laat oorskakel van ‘leer na verdien’.
Pesidensiële Jeugindiensnemingsprogram skep meer as 155 000 inkomstegeleenthede vir die jeug in vierde kwartaal