Skip to content

Parlementêre komitee oor Basiese Onderwys verwelkom pogings om betaling aan spook-onderwysers te staak

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys geloof vir sy pogings om onderwysers landwyd na te gaan. Die raad het verlede maand sy ondersoek by meer as 22-duisend staatskole begin om spookonderwysers te identifiseer en bewerings oor die verkoop van onderwysposte te ondersoek. Volgens berigte word onderwysposte teen tot 25-duisend-rand per pos verkoop. Die komiteevoorsitter, Joy Maimela, sê deur te verseker elke persoon op die betaalstelsel is wettig, sal finansiële verliese bekamp word.