Skip to content

Padwedlope: Driemalige Comrades-wenner Mthembu hardloop om die plattelandse jeug te inspireer

# Padwedlope: Die driemalige Comrades-marathonkampioen Bongumusa Mthembu sê hy hoop om aan te hou hardloop om jongmense van plattelandse gemeenskappe te inspireer. Mthembu, wat die ikoniese wedloop in 2014, 2017 en 2018 gewen het, sê hy is vol vertroue dat sy voorbereiding van ses maande hom in ‘n goeie posisie plaas vir Sondag se wedloop tussen Durban en Pietermaritzburg. Hy sê hoewel die wedloop hom altyd gespanne maak, kry hy vertroue deur die werk wat tydens oefeninge gedoen word. Mthembu het toeskouers aangemoedig langs die roete op te daag om die duisende deelnemers te ondersteun.