# Twee voormalige amptenare van Binnelandse Sake is aangekeer nadat hulle na bewering Suid-Afrikaanse paspoorte vir tot 100-duisend-rand elk aan buitelandse burgers verkoop het. Die arrestasies volg op ‘n gesamentlike ondersoek deur die Valke en die Teenkorrupsie-eenheid na ‘n sindikaat wat in 2022 ontbloot is. Die voormalige amptenare het na bewering misbruik gemaak van ‘n leemte in die stelsel en kon Suid-Afrikaanse burgers se identiteitsbesonderhede met foto’s van buitelandse burgers gebruik. Die departement se woordvoerder, Carli van Wyk, sê die saak is ‘n “kragtige voorbeeld” van waarom Binnelandse Sake aan ‘n uitgebreide digitale hervormingsprogram werk.
Oud-amptenare van Binnelandse Sake in hegtenis geneem weens R100-duisend paspoort-bedrogspul