Skip to content

Ontbinde liggaam gevind op dak van polisiestasie in Hazyview

# ‘n Ontbinde liggaam van ‘n onbekende man is Woensdag onder die dakteëls van die Hazyview-polisiestasie in Mpumalanga, gevind nadat ‘n slegte reuk opgemerk is. Donald Mdhluli van die Polisie sê daar is aanvanklik gedink dit was ‘n dooie dier maar die liggaam is ontdek toe van die dakteëls verwyder is. Voorlopige verslae dui op ‘n elektriese skok nadat gereedskap op die dak gevind is. Die polisie is besig met ‘n ondersoek oor hoe die man daar gekom het.