Skip to content

Olimpiese Spele: Hoof van Brisbane se reëlingskomitee vir 2032 vertrek aan die einde van die jaar

# Olimpiese Spele: Cindy Hook sal die tuig as uitvoerende hoof van Brisbane se reëlingskomitee vir die Spele van 2032 neerlê. Daar word wêreldwyd na ‘n opvolger gesoek met Hook se kontrak van vier jaar wat aan die einde van hierdie jaar verstryk. Die komitee se president, Andrew Liveris, sê sy het die grondslag vir die geleentheid se sukses gelê en bedank haar vir haar waardevolle bydrae. Reuters berig Hook se vertrek val saam met ‘n tyd wanneer die organiseerders te kampe het met vrae oor kostes, nadat dit geblyk het die oorspronklike begroting vir die bod was onrealisties.