Skip to content

Olimpiese Jeugspele: Besige dag lê voor vir Span SA in Dakar

# Suid-Afrika se seuns-rugbysewespan mik na die eindstryd van die Olimpiese Jeugspele in Senegal wanneer hul in die halfeindstryd teen Argentinië te staan kom, nadat hulle bo-aan hul groep geëindig het. Die wedstryd begin om 15:42 Suid-Afrikaanse tyd, met die eindstryd om 19:05. Die roeier Callum Dreyer keer terug vir die ronde van 16 in die strand-snelvaart-kompetisie, terwyl die pluimbalspeler Misha Bredell kragte meet met Chuang Yung Neng van Chinese Taipei. In judo sal Adriaan Schutte ook in die onder-81-kilogram-afdeling deelneem. Daar is 46 atlete in Span SA wat in 15 sportsoorte meeding.