# Jensen Huang het bedank as uitvoerende hoof van Nvidia, die wêreld se voorste vervaardiger van skyfies vir kunsmatige intelligensie. Sy vertrek volg op berigte oor twee buite-egtelike verhoudings waarvan een met ‘n vrou was wat volgens Amerikaanse owerhede moontlik bande met Chinese intelligensiedienste het. Huang het erken hy was ontrou aan sy vrou, maar ontken hy het geweet die vrou was na bewering by spioenasie betrokke. ‘n Afsonderlike verhouding met ‘n senior werknemer van Nvidia het die druk op die 63-jarige verder verhoog. Die finansiële hoof, Colette Kress, is aangestel as tussentydse uitvoerende hoof.
Nvidia-stigter Jensen Huang bedank te midde van ’n skandaal oor buite-egtelike verhoudings