# Die Nasionale Vervolgingsgesag in die Oos-Kaap het die lewenslange tronkstraf vir drie mans verwelkom vir die berekende sluipmoord op polisiespeurder, Phumlani Dastile, wat in Augustus 2021 in Zwelitsha vermoor is. Die NVG se woordvoerder, Luxolo Tyali, sê Thando Mangolwane, Siyabonga Zimela en Siphelo Bebe het Dastile vermoor uit wraak vir die skuldigbevinding van Bebe, die meesterbrein, wat reeds verskeie lewenslange vonnisse uitgedien het vir geweldsmisdade wat in 2018 gepleeg is:
NVG verwelkom vonnisse van drie mans vir sluipmoord op Oos-Kaapse polisiespeurder [KLANK]
ENG LuxoloonAssassination