# Ongeveer die helfte van Evangeliese Christene meen die Amerikaanse president Donald Trump se hantering van belangrike kwessies strook nie met hul Christelike waardes nie. ‘n Ipsos-peiling toon 54-persent van Trump se belangrike ondersteuningsbasis stem nie saam met sy gebruik van militêre magte in Iran nie, terwyl 51-persent nie hou van sy benadering tot immigrasie nie. Evangeliste het n sleutelrol in Trump se 2024-verkiesingsoorwinning gespeel, en hy gebruik gereeld geloofstaal om sy beleide en doelwitte te beskryf. Sy goedkeuringsyfer het egter onlangs gedaal, met die oorlog in Iran wat brandstofpryse laat styg het.
Nuwe peiling wys evangeliste verdeeld oor Trump se oorlogbeleid in Iran en immigrasie-optrede