Follow Us
TLU SA delighted with the reduction in fuel prices [SOUND]
Wed 5th Jan 2022
Tennis: Spain and Poland through to semi-finals of ATP Cup
Wed 5th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 5 Januarie 1 nm

Goeiemiddag,

In die bulletin:

# Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, loof president Cyril Ramaphosa vir die openbaarmaking van die verslag oor staatskaping
# Gautengse LUR vir Onderwys is verheug ontvoerde leerling is teruggevind
# En in tennis: Australiërs is erg ontstoke omdat Novak Djokovic mediese vrystelling vir inenting ontvang

# Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, het president Cyril Ramaphosa geloof omdat hy die verslag oor Staatskaping openbaar gemaak het. Hy het terselfdertyd gesê dat alle senior regeringsamptenare wat geïmpliseer word, tot verantwoording geroep moet word. Holomisa sê die verslag sal dit duidelik maak of al die griewe aangespreek is wat deur politieke partye teen die Guptas uitgespreek is:

Speel klankgreep: ENG UMD Bantu Holomisa

# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, is verheug dat die elf-jarige leerling van die Laerskool E.P. Bauman in Mayfair, Johannesburg, wat verlede jaar ontvoer is, vandag veilig by haar huis terugbesorg is. Die graad-vyf-leerder is by die skool se hek met ‘n vuurwapen gedreig en ontvoer. ‘n Woordvoerder van die Departement, Steve Mabona, sê volgens inligting tot die departement se beskikking, het die leerling se ma vanoggend ‘n oproep van die polisie ontvang dat sy haar kind by die polisiestasie kan kom haal:

Speel klankgreep: ENGSteveMabona

# Die alkohol waarop daar tydens die afgelope feestyd op Kaapstadse strande beslag gelê is, is nét minder as tydens die laaste feestyd voor die grendeltyd. Die burgemeesters-komiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê wetstoepassers het in die afgelope feestyd op meer as 8-duisend bottles drank beslag gelê waarvan die meeste op Welwillendheidsdag was. Op Nuwejaarsdag is beslag gelê op een-duisend-206 bottels:

Speel klankgreep: ENG FIN JPSmithONAlcohol

# Die Oranjerivier wat in vloed is, het verkeer in die suide van Namibië ontwrig waar talle paaie en laagwaterbrûe onder water is. Namibiese amptenare sê geen waarskuwing oor die vol Oranjeriver is van Suid-Afrika ontvang nie. Die land se Paaie-owerheid sê die pad tussen die myndorp Rosh Pinah en Aussenkehr in die suide is tot verdfere kennisgewing gesluit. Die owerheid monitor die situasie en sal motoriste inlig wanneer die pad weer oopgestel is.

# Tennis: Australiërs is erg ontstoke omdat Novak Djokovic mediese vrystelling ontvang vir Covid-19 inenting vir deelname aan die Australiese Ope. AFP berig die toernooi-hoof, Craig Tiley, sê egter die verdedigende kampioen het geen spesiale behandeling ontvang nie, maar hy het Djokovic aangemoedig om openbaar te maak waarom hy die vrystelling gekry het, en sodoende openbare woede te sus. Spelers moet ingeënt wees óf ‘n mediese vrystelling hê. Die Australiese Premier, Scott Morrison, sê as die redes vir Djokovic se vrystelling onvoldoende is, sal die Serwiër op die volgende vliegtuig huis toe wees.

# En ten slotte: Finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-90-sent teen die dollar, 17-rand-99-sent teen die euro en 21-rand-53-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-843-dollar-50-sent. Die prys van goud is een duisend-819-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-86-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Available