Nuus 13:00
BULLETIN 21 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# RISE Mzansi vra op Menseregtedag ‘n verandering van regering
# Die Parlement sê hy bevorder die Menseregte-agenda met nuwe wette
# En, twee Gautengse LUR’e spreek organisasies sonder winsbejag se kommer oor befondsing aan
# RISE Mzansi het ter viering van Menseregtedag en die Sharpeville-slagting die regering se rekord sedert 1994 uitgedaag en verwaarloosde gemeenskappe se voortslepende probleme beklemtoon. Die organisasie eis aanspreeklikheid en haal gevalle aan waar die regering misluk om basiese dienste soos water te voorsien wat tot krisisse reg oor die nasie lei. RISE Mzansi se leier, Songezo Zibi, moedig kiesers aan om die komende verkiesing te gebruik om nuwe leiers te kies wat verbind is tot waardigheid, menslikheid en menseregte:
# Die Parlement sê hy het die afgelope drie dekades baie wette gemaak om menseregte in Suid-Afrika te bevorder. ‘n Woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die afgelope jaar is nuwe wette goedgekeur om Suid-Afrikaners se menseregte te komplementeer. Mothapo sê die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering verseker toegang tot gehalte-gesondheidsorg vir almal terwyl die 18de Grondwetlike Wysigingswetsontwerp Gebaretaal as 12de amptelike taal aanvaar en regte van dowes bevorder. Die wetsontwerp om ʼn nasionale raad oor geslagsgeweld te stig spreek geweld teen vroue aan.
# Gauteng se LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Landbou, Landelike Ontwikkeling en die Omgewing, Mbali Hlophe, en die LUR vir Finansies, Jacob Mamabolo, het die publiek en begunstigdes van organisasies sonder winsbejag verseker die 2024/25-toekennings sal deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling verwerk word. Die woordvoerder, Themba Gadebe, sê hierdie organisasies word aangemoedig om seker te maak hulle kwalifiseer vir verdere befondsing. Hy sê nuwe aansoekers en oues wat afgewys is, sal oorweeg word:
# President Cyril Ramaphosa het Vladimir Putin gelukgewens met sy herverkiesing as president van die Russiese Federasie. Ramaphosa het weer die twee lande se verbintenis tot samewerking op multilaterale vlak beklemtoon, wat lidmaatskap van die Verenigde Nasies, die G20, BRICS en ander multilaterale organisasies insluit. Hy sê Suid-Afrika glo in die volhoubaarheid van internasionale vrede en sekerheid en sal voortgaan om met die Russiese Federasie en Oekraïne te beraadslaag om langdurige vrede tussen die twee buurlande te bewerkstellig.
# Sokker: Die burgerregtebeweging #NotInMyName het die onttrekking van die verklaring teen SAFA se gewese visepresident, Ria Ledwaba, deels verwelkom. Hulle dring egter aan op ʼn openbare verskoning aan haar en alle Suid-Afrikaanse sokkerliefhebbers. Die Konfederasie van Afrika-sokker of CAF het ná die Valke se klopjag op SAFA-huis kommer uitgespreek oor sokker se beeld in Suid-Afrika en ʼn verslag aangevra om nakoming van CAF- en FIFA-verordeninge te verseker. #NotInMyName se president Siyabulela Jentile sê hulle eis deursigtigheid en FIFA-ingryping om Suid-Afrika se sokkerreputasie te herstel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….