Nuus 11:00
BULLETIN 4 Februarie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê Hage Geingob was ‘n reuse veteraan van die Namibiese vryheidstryd
# Julius Malema sê die EFF sal Suid-Afrikaners vergoed gebaseer op hulle kwalifikasies
# En, krieket: Suid-Afrika se Vrouespan kry die grootste pak ooit in ‘n eendagwedstryd teen Australië
# President Cyril Ramaphosa sê die Namibiese president Hage Geingob was ‘n reuse veteraan in Namibië se bevryding van kolonialisme en apartheid. Hy het ook ‘n groot invloed gehad in die solidariteit wat die mense van Namibië aan Suid-Afrika betoon het met sy bevrydingstryd. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa het namens die regering en die mense van Suid-Afrika sy diepste meegevoel met die regering en die mense van Namibië uitgespreek, veral aan die presidentsgade, Monica Geingos en haar familie:
Namibië se waarnemende president, Nangolo Mbumba, sê intussen die land het ‘n uitsonderlike dienaar van die mense, ‘n vryheidstryd-ikoon, die hoofargitek van die grondwet en die steunpilaar van die huis van Namibië verloor. Mbumba het die heengaan vroeg vanoggend aangekondig van die 82-jarige president in die Lady Pohamba-hospitaal in Windhoek. Ten tye van diepe rou doen Mbumba ‘n beroep op Namibiërs om kalm te bly terwyl die regering aandag gee aan staatsreëlings en voorbereidings. Hy sê die Kabinet sal dadelik byeenkom om uitvoering te gee aan al die protokolle.
# Terug op die tuisfront: Die EFF-leier Julius Malema sê as die party na die verkiesings aan bewind kom sal hy die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekuriteitsagentskap oorneem. Malema het by die die party se kieserregistrasieprogram in KwaZulu-Natal gepraat. Hy sê die EFF sal nie die 350-rand maatskaplike verligtingshulptoelaag skrap nie, maar alle Suid-Afrikaners volgens hulle kwalifikasies betaal:
En in verwante nuus het die Free Speech Union of South Africa gesê president Cyril Ramaphosa gebruik ‘n propaganda-strategie so oud soos die berge, en dit herinner aan vormalige president Jacob Zuma se wit-monopolie-kapitaal uitsprake. Sara Gon van die organisasie sê Ramaphosa word aangehaal dat die ANC op ‘n hoë gereedheidsgrondslag is vir pogings van Israel se kant om moontlike regeringsverandering in Suid-Afrika teweeg te bring. Sy voeg by in ‘n verkiesingsveldtog waarin die regerende party niks goeds oor sy eie bestuur kan sê nie, moet mense mooi luister na wat hy wel sê:
# En ten slotte: Krieket: Suid-Afrika se vrouespan het ‘n agt paaltjie-loesing van Austeralië in hulle openingswedstryd van die eendagreeks in Adelaide op die lyf geloop. Die tuisspan het op 106 vir twee geëindig na die besoekers net 105 vir nege kon bymekaar skraap, hulle laagste eendag-internasionale telling ooit teen die Aussies. Vir Suid-Afrika het Marizanne Kapp die beste gevaar met 50, maar sy moes die handdoek ingooi na ‘n besering. Terwyl sy besig was om ‘n tweede lopie aan te teken om haar 50-tal te behaal, het ‘n ingooi-bal haar linkerelmboog getref. Die reeks van drie word Woensdag in Sydney voortgesit
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….