Follow Us
News 09:00
Sun 13th Feb 2022
Noodlenigingsorganisasies eis ‘n R50-miljoen skenking aan Kuba moet plaaslik aangewend word
Sun 13th Feb 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 13 Februarie 9 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# Blade Nzimande is vasberade om korrupsie by die Nasionale Vaardigheidsfonds uit te roei
# Suid-Afrika nader die vyf-persent Covid-19-toetspositiwiteitskoers
# En, twee meisies is van ‘n lys op die derde verdieping van gebou in Johannesburg gered

# Die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Blade Nzimande, is vasberade om wanadministrasie en korrupsie by die Nasionale Vaardigheidsfonds uit te roei. Nzimande het ‘n maatskappy aangestel om ‘n volskaalse forensiese ondersoek oor die finansiële sake van die fonds te doen. Die ouditeur-generaal het bevind daar kan nie rekenskap van vyf-miljard-rand in twee boekjare gegee word nie. Die minister se woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê ondersoeke is aan die gang en Nzimande gaan maandeliks verslae ontvang:

Speel klankgreep: ENG NationalSkillsFund

# Suid-Afrika se Covid-toetspositiwiteitskoers staan op 7,6-persent. As die syfer op vyf-persent staan, word gereken ‘n pandemie is onder beheer. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het gister twee-duisend-489 nuwe besmettings geregistreer. Gauteng het 942, of 38-persent, van die nuwe gevalle aangemeld, en die Wes-Kaap 418. KwaZulu-Natal het 349 of 14-persent van nuwe gevalle gerapporteer. Drie-en-veertig mense moes in die hospitaal opgeneem word. Nege Covid-19-sterftes is in die jongste verslagtydperk aangemeld. Die herstelkoers is steeds net meer as 96-persent.

# ‘n Waarnemende sersant van die Johannesburgse Metropolisie, Tebogo Mailulu, word geloof vir sy heldedaad. Die 33-jarige het opgemerk ‘n skare mense het buite ‘n gebou saamgedrom waar twee dogtertjies van twee en vyf op ‘n lysie op die derde verdieping vasgekeer was. Hulle het by die venster van die woonstel, wat gesluit was, uitgeklim, terwyl hulle ma winkel toe gegaan het. ‘n Woordvoerder van die Metro-polisie, Wayne Minnaar, sê Mailulu het deur die woonstel langsaan tot op die lysie geklim en die meisies gered. Hy het hulle aan hulle oorblufte ma oorhandig toe sy teruggekeer het.

# Rugby: Die Haaie het die Verenigde Kampioenskapswedstryd teen die Bulle gisteraand op Loftus met 29-22 gewen. Die wedstryd is gekenmerk deur swak dissipline. Die tuisspan het vroeg in die wedstryd vir Morné Steyn verloor toe hy ‘n rooikaart vir ‘n laat-duikslag op Lukhayno Am gekry het. Die rustydtelling was 19-5 in die guns van die besoekers. Die Stormers het vroeër hulle plek bo aan die punteleer van die Suid-Afrikaanse konferensie verstewig met ‘n klinkende oorwinning van 32-10 oor die Leeus op Ellispark. Die Stormers het vier drieë teen die Leeus se een gedruk.

# En ten slotte: Die owerhede in Nieu-Seeland het watersproeiers en musiek van Barry Manilow op teen-inentingsbetogers buite die parlement in Wellington gerig om hulle te probeer kalmeer. Die betoging duur nou al vyf dae lank. Die land het ‘n nuwe daaglikse rekordgetal van 454 Covid-19-gevalle aangemeld. Die regering probeer dit so ongemaklik as moontlik vir die betogers maak met ‘n klankstelsel wat inentingsboodskappe, liedjies van Barry Manilow en die Macarena, uitbasuin. Die betogers het reageer deur die Twisted Sisters se 1983-rock kenwysie We’re Not Gonna Take It te speel.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away