Follow Us
News 08:00
Sun 2nd Jan 2022
Western Cape police recover hijacked delivery truck in Philippi
Sun 2nd Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 2 Januarie 8 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê die terugtrekking van die Covid-19-riglyne is belaglik
# ‘n Verbod op verkoop van ivoorprodukte in Hong Kong tree in werking
# En, ouderdom en Covid-19 het die Dalai Lama verhoed om sy spesiale vriend se begrafnis by te woon

# Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê die terugtrekking van die Covid-19-riglyne is belaglik. Dit volg nadat die Departement van Gesondheid sy riglyne met betrekking tot kontak-nasporing, kwarantyn-vereistes en isolasie-maatreëls herroep het. Die voorsitter van Sama, Angelique Coetzee, het aan eNCA gesê sy glo daar was politieke druk op die departement om terug te keer na die vorige riglyne:

Speel klankgreep: ENG RetractionAbsurd

# Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het nege-duisend-828 nuwe Covid-19-gevalle in die jongste 24-uur verslagtydperk aangeteken. Dit verteenwoordig ‘n positiwiteitskoers van 26,6-persent. Die meerderheid nuwe gevalle is in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal met 26-persent elk, gevolg deur Gauteng met 17-persent. Die Oos-Kaap het 12-persent nuwe gevalle aangemeld. ‘n Verdere 53 Covid-19-verwante sterftes is aangeteken en 62 pasiënte is in die hospitaal opgeneem. Die herstelkoers is 91,8-persent.

# ‘n Verbod op die verkoop van ivoorprodukte in Hong Kong het in werking getree. Die wet is die hoogtepunt van ‘n proses van drie jaar om die eens uitgebreide bedryf in dié stad uit te skakel. Oortreders kan ‘n maksimum boete van 20-miljoen rand en tien jaar gevangenisstraf in die gesig staar. Die verbod beperk invoer, her-uitvoer en kommersiële besit van olifant-ivoor. Daar is egter ‘n uitsondering ten opsigte van antieke stukke wat dateer vóór 1925. Hong Kong het in Augustus verlede jaar ‘n wet promulgeer wat die handel in natuurlewe as ‘n georganiseerde misdaad-probleem geklassifiseer het

# Krieket: Indiese keurders het aangekondig openingskolwer KL Rahul sal die een-dag-internasionale span in Suid-Afrika aanvoer, nadat die nuut-aangestelde kaptein Rohit Sharma nie betyds van ‘n dyspierbesering kon herstel nie. Sharma is in Desember beseer, enkele dae na sy benoeming as een-dag-kaptein, ‘n bevordering wat sy beperkte boulbeurt-kapteinskap-oorname van Virat Kohli voltooi het. Die tweede Toets tussen die Proteas en Indië begin môre op die Wanderers.

# En ten slotte: Die rede waarom die Tibettaanse geestelike leier, die Dalai Lama, nie gister die begrafnis van Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu bygewoon het nie, is onthul. Die Lama se Suid-Afrikaanse verteenwoordiger, Ngodup Dorjee Shingchen, sê hy wou inderdaad die begrafnis bywoon, maar het daarteen besluit weens sy hoë ouderdom en die voortdurende risiko wat die Covid-19-pandemie inhou.  Hy is 86. In sy afwesigheid het die Dalai Lama sy meegevoel met die familie van sy spesiale vriend betuig.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Available