Nuus 09:00
BULLETIN 9 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die OVK gaan ‘n eerlike en stelselmatige oorsig van die munisipale verkiesing uitvoer
# Die Madlanga-kommissie hervat vandag sy openbare verhore
# En tennis: Alcaraz klop Shelton om die Paryse Meesters die eerste keer te wen
# Die Verkiesingskommissie sê hy gaan die hele verkiesingsproses nagaan en aandag gee aan aspekte wat verbeter moet word. Die munisipale verkiesing, met ‘n kieser-deelname van 52-persent, is vry en regverdig verklaar. Dis ʼn groter kiesersopkoms as dié van 2021, en sowat 14,9-miljoen Suid-Afrikaners het hul kruisies gaan trek. Die kommissie se voorsitter, Mosotho Moepya, sê hulle sal die ervarings tydens die verkiesing eerlik en stelselmatig nagaan en luister na kommer van kiesers, politieke partye, kandidate, waarnemers en hulle eie personeel.
# Die Madlanga-kommissie hervat vandag sy openbare verhore wanneer die vermeende kartel-lid, Vusimuzi “Cat” Matlala, sy getuienis voortsit. Die kommissie het die afgelope weke verrigtinge agter geslote deure gehou wat bewyse behels het wat verband hou met voortgesette ondersoeke en vertroulike aangeleenthede. Woordvoerder Jeremy Michaels sê ander getuies wat in die komende weke sal verskyn, sluit in die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, en die afdelingskommissaris van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo:
# Kopanang Africa Against Xenophobia sê Suid-Afrika staan voor werklike uitdagings rondom die bestuur van migrasie, maar beklemtoon doeltreffende grensbeheer en die beskerming van menseregte moet hand aan hand gaan. Woordvoerder Dorothy Mabelebele sê openbare instellings moet vry wees van wanbestuur en korrupsie om openbare vertroue in die land se migrasiestelsel te herstel. Sy het die politieke kommentator Lesiba Teffo gekritiseer omdat hy na bewering versuim het om krities te kyk na die administratiewe en ingewortelde swakhede wat bydra tot onsekerheid en wantroue rondom migrasie.
Nuus uit die buiteland:
# Die Global Sumud-flottielje beskuldig Israel dat hy doelbewus humanitêre hulp aan Gaza verhoed en waarsku dat duisende ontheemde Palestyne kan ly weens hewige storms. Sowat 70-duisend tente het tydens die eerste winterstorm oorstroom en gesinne uit kampe gedwing. Die militante groep Hamas sê hy kan nie die storm hanteer nie weens brandstoftekorte en skade aan toerusting wat gebruik word om water te pomp. Die flottielje se woordvoerder, Yahia Mezied, vra dringende internasionale ingryping:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-49-sent teen die dollar, 18-rand-40-sent teen die euro en 22-rand-5-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 74-duisend-906-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-118-dollar-39-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 101-dollar-17-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….