Follow Us
Bill Gates says future epidemics can be prevented [SOUND]
Thu 18th Nov 2021
Nuus-hooftrekke 07:30 (DGO) 18 November
Thu 18th Nov 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 18 November 7 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# President Cyril Ramaphosa identifiseer vier kandidate vir die hoofregter-pos
# Saftu herhaal sy oproep vir die afdanking van Eskom se uitvoerende hoof
# En ‘n noodtoestand is in Brits-Columbië in Kanada afgekondig, ná ernstige oorstromings

# President Cyril Ramaphosa het ‘n lys van vier kandidate aan die Regterlike Dienskommissie voorgelê, om vir die pos van hoofregter te oorweeg. Hulle is die huidige adjunkhoofregter, Raymond Zondo; ‘n regter in die Konstitusionele Hof, Mbuyiseli Madlanga; die president van die Appèlhof, Mandisa Maya; en die regter-president van die Gautengse afdeling van die Hooggeregshof, JP Dunstan Mlambo. Ramaphosa het die kandidate geïdentifiseer nadat hy die adviespaneel se verslag bestudeer het.

# Die adjunk-president, David Mabuza, gaan vandag mondelinge vrae in die Nasionale Raad van Provinsies in die Parlement beantwoord. Die vrae wat hy gaan beantwoord sluit in die stappe om Eskom se kapasiteitsprobleme op te los, die negatiewe impak van die onlangse onrus op die verkiesing en die regering se heropbou- en herstelplan. Mabuza is daarop geregtig om vrae te antwoord want die Grondwet bepaal dat kabinetslede gesamentlik en individueel aan die Parlement rekenskap moet gee oor die uitvoering van hulle magte en funksies.

# Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, het sy oproep herhaal dat die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, afgedank moet word. Hy het gister fase-twee-beurtkrag tot Saterdag aangekondig. Dit is weens gebrekkige opwekkingsvermoë en die verlies van ‘n eenheid elk by die Medupi-kragstasie in Limpopo, en die Duvha- en Kendal-kragstasies in Mpumalanga. ‘n Woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, sê voortgesette beurtkrag het ernstige gevolge vir die land se ekonomie:

Speel klankgreep: ENG ShakuOnLoadshedding

# Die Departement van Water en Sanitasie het op die vooraand van Wêreld-toiletdag môre,  ‘n beroep op inwoners gedoen om hulle sanitasie-geriewe te waardeer en so die verspreiding van siektes in gemeenskappe te voorkom.  Die departementele woordvoerder, Sputnik Ratau, sê die departement bepleit ‘n nuwe visie en benadering tot die doeltreffende bestuur van sanitasie. Sowat 2,8-miljoen huishoudings in Suid-Afrika het nie toegang tot behoorlike sanitasie nie. Wêreld-toiletdag inspireer optrede om wêreldwye sanitasie-uitdagings aan te pak ten einde die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit nommer 6 te bereik, wat sanitasie vir almal teen 2030 en daarna beloof.

# ‘n Noodtoestand is in die westelike provinsie van Kanada, Brits-Columbië, afgekondig. Dit is weens oorstromings wat die suidelike dele van die provinsie raak en die lewe van minstens een persoon geëis het met twee wat vermis is. Amptenare in die streek het die natuurramp aan die uitwerking van klimaatsverandering toegeskryf.  Die premier van Brits-Columbië, John Horgan, sê die noodtoestand is afgekondig om basiese toegang tot dienste en voorrade vir gemeenskappe oor die hele provinsie te verseker:

Speel klankgreep: ENG HorganOnDisaster

# Rugby: Die Springbokke Sbu Nkosi en Aphelele Fassi is toestemming gegee om die toerspan te verlaat en hulle by die Sharks aan te sluit. Albei die agterspelers is lede van die nasionale span vir hulle internasionale seisoen, maar is nie vir die laaste toetswedstryd van die seisoen teen Engeland op Twickenham gekies nie. Die Bok-afrigter, Jacques Nienaber, sê dit is beter vir Nkosi en Fassi om eerder vir die Sharks te speel wat besig is met voorbereiding vir hulle Verenigde Rugby-kampioenskap-kragmeting volgende naweek teen die Scarlets.

# En ten slotte, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-46-sent teen die dollar, 17-rand-52-sent teen die euro en 20-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-946-dollar-7. Die prys van goud is een duisend-865-dollar-94-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 79-dollar-83-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away