# Die Britse minister van Gewapende magte, Al Carns, het bedank slegs ure ná die bedanking van die minister van Verdediging, John Healey, weens ‘n geskil oor militêre befondsing. Hy is die sewende minister in eerste minister Keir Starmer se regering wat in die afgelope maand bedank het. Carns voer in sy bedankingsbrief aan die verdediging-beleggingsplan skiet ver te kort van wat vereis word vir die bedreiging wat die wêreld moet trotseer, en is nie voldoende befonds nie. Hy voeg by ‘n sterk land is nie slegs een met bekwame gewapende magte nie, maar ook een waar werkende mense ekonomies veilig voel.
Nog ‘n minister bedank uit Britse eerste minister Starmer se regering