# Sakeman Tumelo Nku se getuienis voor die Madlanga-kommissie is tot môre uitgestel om hom tyd te gun om ‘n aanvullende verklaring af te handel. Die getuienisleier, Teboho Mosikili, het aan die kommissie, onder leiding van regter Mbuyiseli Madlanga, gesê hulle benodig meer tyd. Nku getuig oor sy beweerde betrokkenheid by ‘n omstrede dwelmvoorval in Julie 2021 in Aeroton, Johannesburg, toe beslag gelê is op 715-kilogram kokaïen ter waarde van ‘n geraamde 300-miljoen-rand. Hy sal môre verder getuig:
Nku se getuienis voor Madlanga-kommissie uitgestel [KLANK]
ENG-Mosikili-MadlangaOnNku