Verkiesingsnuus 21:00
VERKIESINGSBULLETIN 31 Mei 9 nm
Goeienaand. Ek is……..
In hierdie spesiale verkiesingsbulletin:
# Ons gee die jongste syfers van die Verkiesingskommissie se uitslagsentrum
# Die MK-party sê die Verkiesingskommissie se stelselmislukkings wek vermoedens oor moontlike wangedrag
# En, die Verkiesingskommissie gaan sy personeel se prestasie hersien
# Voorlopige uitslae nadat 80-persent van stemdistrikte verwerk is, wys die ANC het 41,37-persent van die nasionale stemme. Die DA volg met 22,16-persent en die MK-party met 13,06-persent. Die EFF en die IVP is nasionaal onder die top vyf, met onderskeidelik 9,41-persent en 3,49-persent. Die MK-party loop voor in KwaZulu-Natal met 44,44-persent gevolg deur die ANC op 18,48-persent en die IVP derde op 18,3-persent. In die Wes-Kaap behou die DA se meerderheid met 53,15-persent gevolg deur die ANC met 19,42-persent. In Gauteng loop die ANC steeds voor met 33,67-persent en die DA is op 28,13-persent.
# Die MK-party sê hy is diep bekommerd oor ‘n geheimsinnige stelsel-ineenstorting van twee-ure by die Verkiesingskommissie se uitslagsentrum in Midrand. Die party vermoed moontlike wangedrag en is bekommerd oor die integriteit van die verkiesingsproses. MK het die OVK gekritiseer oor ‘n gebrek aan sterk rugsteunstelsels en sakekontinuïteitsplanne, en vra ‘n dringende vergadering met alle politieke partye om hierdie bekommernisse te bespreek. Die woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, beloof regstappe sal volg om regverdigheid en deursigtigheid in ‘n verkiesing te verseker, bedrieglike bedrywighede te ontmoedig.
# En, ten slotte: Die Verkiesingskommissie sê hy sal sy personeelprestasie ná die verkiesing hersien. Die kommissie het erken daar was vertragings wat veroorsaak is deur die byvoeging van ‘n derde stembrief wat die finalisering van uitslae vertraag het. Die kommissie sal personeelprestasie hersien om te bepaal hoe doeltreffend personeel die stem- en telprosesse bestuur het, sodat toekomstige verkiesings nóg gladder kan verloop. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, het in weerwil van die enkele probleme, die toewyding van kiesers én die verkiesingspersoneel geloof:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….