Verkiesingsnuus 19:00
Verkiesingsbulletin 31 Mei 7 nm
Goeienaand. Ek is……..
In hierdie spesiale verkiesingsbulletin:
# Die jongste syfers van die OVK-uitslagsentrum
# Die OVK verseker ‘n stelselfout beïnvloed nie die uitslae se vordering nie
# en Herman Mashaba herhaal sy standpunt oor korrupsie, die oppergesag van die reg en grensbeskerming
# In voorlopige nasionale uitslae ‘n rukkie gelede is die ANC voor met 41,7-persent. Die DA volg met 22,44-persent en die MK-party met 12,39-persent. Die EFF en die IVP is nasionaal onder die top vyf, met onderskeidelik 9,47-persent en 3,16-persent. Die MK-party het ‘n groot voorsprong in KwaZulu-Natal met 43,84-persent gevolg deur die IVP op 18,21-persent en die ANC nou derde op 18,04-persent. In die Wes-Kaap is die DA op pad na ‘n oorwinning met 55,05-persent gevolg deur die ANC met 18,91-persent. In Gauteng loop die ANC voor met 33,61-persent en die DA is op 28,64-persent.
# Die Verkiesingskommissie het die publiek gerusgestel dat ‘n onlangse stelselfout nie die vordering met die vaslegging van verkiesingsuitslae beïnvloed het nie. Die fout, wat die telborde en webwerf beïnvloed het, het nie die data in gedrang gebring nie, aangesien die tel van stembriewe by stemlokale deursigtig was. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê vordering met die vaslegging van uitslae verloop volgens plan met beduidende vordering in alle provinsies:
# En laastens: ActionSA se president, Herman Mashaba, sê die party bly vasberade in die bekamping van korrupsie, die handhawing van die oppergesag van die reg en die beskerming van grense. Hy het ook die behoefte beklemtoon om die land se soewereiniteit te beskerm, en verklaar Suid-Afrika moet waaksaam bly teen onwettige immigrasie en misdaad. Mashaba het by die uitslagsentrum in Midrand gepraat en ‘n beroep gedoen vir wetstoepassingsagentskappe, vry van politieke inmenging, aangesien korrupsie onafhanklike instellings ondermyn:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….