Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 08 Julie 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die diens van Gautrein sal moontlik van vandag af ontwrig word deur ‘n loonstaking deur lede van die vakbod, NUMSA. Kesagee Nayager van Gautrein sê egter die diens sal nie ontwrig word nie.
GAUTENG:
# Beeld:
Staan sy hele voorblad af aan die Bokke se oorwinning teen Ierland Saterdag en die eenheidspel wat die deurslag gegee het.
Daar is ook ‘n berig oor die treffende uitvoering van die Volkslied deur die aktrise en sangeres Keabetswe (KB) Motsilanyane.
# The Star en Pretoria News:
Skryf dit lyk of oudregter John Hlophe se aanstelling op die Regterlike Dienskommissie steun van nie-regeringsorganisasies begin kry.
En tweedens het die koerant modefoto’s van die Durban July-perdewedren.
# En Sowetan:
Berig volgens ‘n arbeidsverslag het die meeste organisasies in die land met transformasie begin, maar wit mans beklee steeds in topposisies in middelvlak-bestuur.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig twee vermeende plaasaanvallers wat Pietie van Heerden van Ladybrand aangeval het is ná ‘n wilde jaagtog deur die polisie vasgetrek en sal vandag in die Landdroshof verskyn.
Tweedens skryf die koerant die Naionale Hospitaal in Bloemfontein is gister ontruim toe daar ‘n brand in een van die sale uitgebreek het.
En laastens is daar nuus oor die glibberige gehalte van die Toyota-rugbystadion in Bloemfontein se nuwe speeloppervlakte.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig oor die verwoestende storms in die Wes-Kaap en waarsku daar is nog stormweer, wind en sneeu op pad.
En tweedens skryf die koerant ‘n spesiale gebeurlikheidsplan is in George in werking gestel, nadat die stormweer daar ook skade aangerig het.
# En Cape Times:
Skryf meer as vier-duisend mense is reeds dakloos gelaat deur die stormweer in die Wes-Kaap.
En berig ook oor die steun wat Hlophe ontvang.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die Oos-Kaap is tegnies in ‘n resessie aangesien die provinsiale ekonomie oor drie opeenvolgende kwartale ingekrimp het.
En tweedens skryf die koerant duisende kliënte van die vuurwapenhandelaar Karen Webb sal moontlik hul wapens moet inhandig aangesien die bevoegdheidstoetse in twyfel getrek word.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf die nuwe minister van Polisie, Senzo Mchunu, het onderneem om toe te slaan op politieke moorde in KwaZulu-Natal.
# En The Witness in Pietermaritzburg:
Het nuus oor die plaaslike skougrond waar die ikoniese Royal Show aangebied is. Dit gaan gesluit word en die skou sal op ‘n nuwe perseel aangebied word. Die huidige skougrond gaan in ‘n sakepark ontwikkel word.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig Namibië het ‘n beduidende mylpaal in gesondheidsorg behaal met ‘n deurbraak in die behandeling van aangebore hartsiektes.
En skryf tweedens, Meatco het volgens finansiële resultate vir die eerste kwartaal vir die tydperk tot einde Mei ‘n wins getoon.