Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 29 April 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die uitvoerende hoof van Eskom, Dan Marokane sê die betroubaarheid van die kragsentrales het verbeter weens die Opwekkingsherstelplan. Hy het ontken dat diesel as rugsteun gebruik word om krag op te wek en beurtkrag só te vermy.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig die DA-koukusleier in die Johannesburg-metro, Belinda Kayser-Echeozonjoku skuld glo duisende rand aan die kragverskaffer City Power, maar sy glo steeds sy word onregverdiglik geteiken.
En tweedens skryf die koerant oor die sanger Thys die Bosveldklong, oftewel Thys Streicher wat baie siek is nadat hy ‘n beroerte gehad het. Hy is ‘n wyle gelede met MS gediagnoseer.
# The Star en Pretoria News:
Skryf oor miljoene rand wat verlore gaan weens onwettige elektrisiteitverbindings.
En berig die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, sê die howe is voorbereid en gereed om verkiesingsverwante misdade te hanteer.
# Sowetan:
Berig oor Sphiwe Ndlovu wie se voormalige kêrel skuldig bevind is aan haar moord. Haar familie verwelkom die hof se uitspraak, maar sê die polisie het niks gedoen om haar te beskerm nie.
# En The Citizen:
Skryf die ineenstorting van Johannesburg se padnetwerk is die gevolg van die skeiding van die infrastruktuur- en dienste-afdeling van die munisipaliteit in die vroeë negentigs. Nie een van die twee departemente aanvaar tans verantwoordelikheid nie.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig die Jean Webber-tehuis vir gestremdes in Bloemfontein is in ernstige moeilikheid aan die Vrystaatse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling nog nie sy subsidie betaal het nie.
En tweedens skryf die koerant oor Koos Mahifo wat op die rug van Gift of Class die grootkampioenskap vir ‘n pakperd by die Bloemskou gewen het.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig die omstandighede rondom ‘n vermeende geslagsgeweld-insident teen ‘n vroulike eerstejaarstudent by die Metanoia-koshuis van die Universiteit Stellenbosch is in geheimenis gehul. Twee mansstudente is glo na die voorval geskors.
En tweedens skryf die koerant ook oor Thys die Bosveldklong.
# En Cape Times:
Skryf die UDM-leier, Bantu Holomisa stel homself beskikbaar as Oos-Kaapse premierskandidaat in die komende verkiesing.
En berig die betalings van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente verloop steeds nie glad nie.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig ‘n musiekpromotor en entrepreneur wat in luuksheid in Nelson Mandelabaai gewoon het, het na bewering gevlug nadat hy as vermeende baasbrein van ‘n piramide-skema ontmasker is.
En skryf tweedens ‘n herehuis in Walmer Heights wat lank reeds leeg en verwaarloos gestaan het, is die naweek deur ‘n brand in puin gelê.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf een van die stigterslede van die MK-party, Jabulani Khumalo is uit die party geskop.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig gedenkdienste is Vrydag en Saterdag in Windhoek en Rehoboth gehou vir die pa en sy twee seuns en ‘n boesemvriend wat in ‘n motorongeluk buite Rehoboth dood is.
En skryf tweedens die minister van Myne en Energie, Thomas Alweendo het die transmissie-kraglyn van 289 kilometer tussen Auas en Gerus aangeskakel.