Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 13 November 2026:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig mynbouproduksie het in September verder gedaal met 10,7-persent. Die grootste afnames is in ystererts, steenkool, platinum en diamante. Voorts staar die mynbousektor ook hernude druk op bedryfskoste in die gesig.
# Mail & Guardian:
Lei met: “COALITION HORSE TRADING”. Die koerant skryf baie van die onderhandelinge gaan oor persoonlikhede en het niks te make met diensleweringsbeloftes aan die kiesers nie.
# Die Papier:
Berig soos talle ander dagblaaie vandag oor die woord op almal se lippe: koalisies. Die koerant skryf die vernaamste argument van die ANC en ActionSA is moontlik dat Helen Zille te veel sukses sal behaal as burgemeester van Johannesburg.
Die koerant gee ook ‘n volledige ontleding van waar in die land moontlike koalisieregerings tussen die DA en ANC gevorm kan word.
En laastens skryf die koerant oor die chloorprobleem in Bronkhorstspruit se water.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig die ANC gaan nie in die stadium ‘n ontleding doen oor die redes vir sy insinking in die verkiesing nie. Die party se nasionale uitvoerende komitee gaan ook nie praat oor president Cyril Ramaphosa se beweerde bedanking nie. Die NUK fokus tans op koalisiegesprekke.
En tweedens skryf die webblad die boer wat tydens ‘n plaasaanval geskiet en gemartel is, Donovan Marx, is uit die hospitaal ontslaan.
GAUTENG:
# The Star:
Skryf die leier van ActionSA, Herman Mashaba, het met die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, vergader. Dit volg slegs dae nadat hy in die openbaar bevraagteken het of dit moontlik is om met die party in koalisie-regerings saam te werk. Die koerant berig Mashaba het die vergadering as openhartig en produktief beskryf.
# Sowetan:
Berig die waarnemende koördineerder van die Nasionale Intelligensie-koördineringskomitee, Ntandazo Sifolo, het voor die Madlanga-kommissie getuig Ramaphosa is ingelig oor die infiltrasie in die regstelsel voor luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi se omstrede mediakonferensie in Durban.
# En The Citizen:
Skryf oor die afbrekende effek van anorexia nervosa, ook bekend as die maerwordsiekte, op mans en vroue.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig oor ‘n grypaanval op Baden Powell-weg in Kaapstad. ‘n Sewentien-jarige seun is beseer toe hy met ‘n baksteen teen die kop getref is.
En tweedens skryf die koerant regter Daniel Thulare woon sedert 2022 in ‘n staatswoning in Kuilsrivier waarvoor belastingbetalers betaal. Die Regterlike Gedragskomitee het hom berispe en hy moet die huur vir die huis terugbetaal.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die padwerkers in Nelson Mandelabaai se geduld het breekpunt bereik en subkontrakteurs het SANRAL se plaaslike kantore beset oor laat betaling.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf die DA en MK-party in KwaZulu-Natal het koalisie-gesprekke gevoer.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig inwoners van Hoachanas is reeds drie maande sonder betroubare watervoorsiening en pleit vir dringende ingryping.
En tweedens skryf die koerant vrae word gevra oor die besteding van ongeveer 10,8-miljoen-rand vir die opgradering van die Reho Spa in Rehoboth. Die werk is reeds in Julie 2024 begin, maar nog nie ten volle afgehandel nie.