Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 18 April 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig hoewel verbruikerspryse in Maart effens verlangsaam het, sê ekonome dis onwaarskynlik dat inflasie gedurende die eerste helfte van die jaar tot onder 5-persent sal daal. Dit is ook onwaarskynlik dat die Reserwebank nou enige rentekoersverlaging sal aankondig. Dit sal moontlik eers in September gebeur.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka het in ‘n beëdigde verklaring in die Hoogeregshof aangevoer haar voorganger, Busisiwe Mkhwebane het geen aanspraak op ’n gratifikasie-uitbetaling van miljoene rande nie.
Dan skryf die koerant Britse parlementslede het daarin geslaag om ’n verbod op die verkoop van sigarette aan enige persoon wat ná 2009 gebore is, deel van wetgewing te maak.
En laastens is daar nuus oor die Leeus se stut, Asenathi Ntlabakanye wat Saterdag weer mag uitdraf teen die sterk Ierse span, Leinster
# The Star en Pretoria News:
Skryf ‘n sakeman, Tulani Mulaudzi beweer die adjunkminister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Bernice Swarts het hom elf jaar gelede uit 500-duisend-rand bedrieg.
En tweedens word berig oudpresident Jacob Zuma het die lede van die MK-party vasgevat oor faksievorming in hul stryd om posisies in die party.
# En Sowetan:
Berig getuienis deur polisiedeskundiges in die Senzo Meyiwa-moordsaak dui daarop dat die beskuldigdes voortdurend per selfoon met mekaar in verbinding was voor die moord.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig die waarheid oor die moord op dominee Liezel de Jager van Amanzimtoti is moontlik saam met haar moordbeskuldigde en wyle eggenoot, Werner de Jager na sy graf.
En tweedens skryf die koerant oor die polisie in Bloemfontein se snuffelhond, Rex wat oral in die Vrystaat help om verdagtes op te spoor.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Het dieselfde hoofberig as Beeld oor Busisiwe Mkhwebane.
Dan word berig die 44-jarige sersant Aldan Mahoney en nog ‘n beampte het op ‘n klagte van gesinsgeweld in Mamre reageer toe die verdagte tydens ‘n gestoei Mahoney se dienswapen gegryp en hom doodgekiet het.
En laastens is daar nuus oor ‘n moontlike aanlyn skoonheidskompetisie vir die mooiste Kunsmatige Inteligensie-modelle wat geskep is.
# En Cape Times:
Skryf die brandstofprys is op pad na ‘n rekord-hoogtepunt.
En berig ook oor die moord op sersant Aldan Mahoney.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die geskorste stadsbestuurder van Nelson Mandelabaai, Noxolo Nqwazi staar tugstappe in die gesig weens beweerde ernstige wangedrag.
En skryf tweedens ’n mosie van wantroue in Nelson Mandelabaai se burgemeester, Gary van Niekerk is weer uitgestel. Die kennisgewing is in Januarie deur GOOD-raadslid Lawrence Troon ingedien.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf die MK-party sê hulle gaan die oorheersing van die DA in Chatsworth breek.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig ’n boer van Grootfontein het na bewering ’n opgeleide Belgiese Malinois-spoorsnyhond twee keer geskiet. Die hond, Troy se been moes geamputeer word.
Dan skryf die koerant 16 studente wat hul graadstudies in die Windhoek Sentrale Gevangenis probeer voltooi, het die hof genader en beweer Namibiese Korrektiewe Dienste belemmer doelbewus hul studies.
En laastens is daar nuus or die Santa Skoenboksprojek.