Oggend-koerantverslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 28 Februarie 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gaan voort met sy siviele eis van 4,9-miljard-rand teen Sasfin. Dit handel oor SARS se beweerde onvermoë om belasting en boetes in te vorder van voormalige buitelandsevaluta-kliënte van die bank wat betrokke was by ‘n sindikaat.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig eerstens oor ‘n pa en seun van Botswana wat deur dieselfde Mosambiekse spoegkobra gebyt is toe die pa wou gaan kyk hoekom die kind huil. Lennie Vermeulen en die 22 maande oue Lex is nou in die Mediclinic Kloof-hospitaal in Pretoria.
Dan skryf die koerant kaartjies vir die Bokke se tuistoetse teen Ierland, Portugal en Argentinië sal van volgende maand beskikbaar wees.
En laastens is daar ‘n brokkie oor die X-rekening van die oorlede akteur Matthew Perry wat deur kuberkrakers oorgeneem is.
# The Star en Pretoria News:
Skryf oor die kommer wat bestaan oor die verlies aan werksgeleenthede in die mynbedryf.
En berig die minister van Polisie, Bheki Cele het die regsbank versoek om die toestaan van borgtog te staak.
# Sowetan:
Berig die gemeenskap van Dobsonville in Soweto is verslae oor die moord op ‘n geliefde plaaslike mediese dokter, Michael Isabelle wat in sy spreekkamer doodgeskiet is.
# En The Citizen:
Skryf ten spyte van verhoogde polisiesigbaarheid is ‘n blouligbende in beheer van die N3 by Heidelberg. Motoriste word beroof en in sommige gevalle ontvoer.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig terwyl die veediefstalle in die Oos-Vrystaat drasties toeneem, het die polisie besluit om twee van sy veediefstaleenhede in Heilbron en Vrede te verklein.
En tweedens is daar nuus oor ‘n boer van Edenburg, Ernst van Rooyen wie se skrikkeljaar-bruid Adrie Pritchard besluit het om met hom te trou.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei met ‘n openhartige onderhoud met die pa van die vermiste sesjarige Joslin Smith. Jose Emke sê indien Joslin dood is en haar ma, Kelly weet wat gebeur het, gaan hy daarop aandring dat sy van moord aangekla word.
En tweedens skryf die koerant die polisie stel ondersoek in nadat die agterruit van ‘n Maserati in ‘n parkeerterrein in Groot-Brakrivier met ‘n albaster uitgeskiet is.
# En Cape Times:
Skryf die Kaapstad-munisipaliteit word daarvan beskuldig dat hy die hervestiging vertraag van die mense wat Prasa van sy grond in Wynberg afgesit het.
En berig regter Mandisa Maya sal moontlik in September by regter Zondo oorneem as Hoofregter.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig daar was ‘n vurige woordewisseling tussen raadslede met die herskikking van die begroting van die Nelson Mandelabaai-metro. Belangrike projekte vir sommige van die stad se armste gebiede is opsygeskuif.
En tweedens skryf die koerant ’n vrou van Gqeberha wie se velbehandelings na bewering verskeie kliënte met geswelde gesigte gelaat het, word ondersoek nadat sy daarvan beskuldig is dat sy haar as mediese praktisyn voorgedoen het.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf die staat se saak in die Gumede-bedrogsaak is deur nog struikelblokke en terugslae in die wiele gery.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die trauma vir babas om vir maande sonder koestering in ’n hospitaal te lê, is geweldig.
En skryf Namibië se nuwe presidentsvrou, Sustjie Mbumba het ’n hart vir mense.