Nuus 21:00
VERKIESINGSBULLETIN 30 Mei 9 nm
Goeienaand. Ek is……..
In hierdie spesiale verkiesingsbulletin:
# Die MK-party beweeg na die derde plek nasionaal terwyl die telling van stemme voortduur
# Die regering bedank alle Suid -Afrikaners wat gestem het
# En die EFF is nie bekommerd oor die opdraande stryd teen die MK-party nie
# Voorlopige uitslae van die Verkiesingskommissie toon die ANC was ‘n rukkie gelede nasionaal voor, op 42,27-persent. Die DA was op 24,47-persent met die MK-party wat nou die derde plek ingeneem het, met 9,57. Die EFF is vierde op 9,15-persent en die Patriotic Alliance vyfde op 3,37-persent.
# Die regering het die miljoene Suid-Afrikaners bedank wat gaan stem het in die sewende demokratiese verkiesing. Die verkiesing val saam met die land se viering van 30 jaar van vryheid en demokrasie. Die regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê jongmense het tydens dié verkiesing hul verbintenis bevestig tot die vorming van die nasie se toekoms. Sy sê hul betrokkenheid by die verkiesingsproses is ‘n bewys van hul nakoming van grondwetlike waardes:
# En, ten slotte: Die EFF sê dis te vroeg om oor die verkiesingsuitslag bekommerd te wees aangesien belangrike metropolitaanse uitslae nog uitstaande is. Die party is tans derde op nasionale vlak en vyfde in KwaZulu-Natal waar die MK-party die voorloper is. Die EFF het in die algemene verkiesing in 2019 die derde meeste stemme gekry. Die party se hoofsekretaris, Marshall Dlamini, sê hulle is vol vertroue want die gebiede waar hulle sterk ondersteuning het, is nog nie in nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….