Verkiesingsnuus 20:00
VERKIESINGSBULLETIN 31 Mei 8 nm
Goeienaand. Ek is……..
In hierdie spesiale verkiesingsbulletin:
# Ons het die jongste syfers vanaf die OVK-uitslagsentrum
# Die Verkiesingskommissie sê hulle gaan personeel se prestasie hersien
# En, ‘n aansienlike toename word gemerk in fopnuus en aanvalle op die Verkiesingskommissie se integriteit
# In voorlopige nasionale uitslae ‘n rukkie gelede is die ANC voor met 41,52-persent nadat 75% van stemdistrikte reeds verwerk is. Die DA volg met 22,26-persent en die MK-party met 12,81-persent. Die EFF en die IVP is nasionaal onder die top vyf, met onderskeidelik 9,4-persent en 3,29-persent. Die MK-party het ‘n groot voorsprong in KwaZulu-Natal met 44,44-persent gevolg deur die ANC op 18,48-persent en die IVP nou derde op 18,3-persent. In die Wes-Kaap is die DA op pad na ‘n oorwinning met 53,22-persent gevolg deur die ANC met 19,18-persent. In Gauteng loop die ANC voor met 33,67-persent en die DA is op 28,13-persent.
# Die Verkiesingskommissie sê hy sal sy personeelprestasie ná die verkiesing hersien. Die kommissie het erken daar was vertragings wat veroorsaak is deur die byvoeging van ‘n derde stembrief wat die finalisering van uitslae vertraag het. Die kommissie sal personeelprestasie hersien om te bepaal hoe doeltreffend personeel die stem- en telprosesse bestuur het, sodat toekomstige verkiesings nóg gladder kan verloop. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, het in weerwil van die enkele probleme, die toewyding van kiesers én die verkiesingspersoneel geloof:
# En, ten slotte: Media Monitoring Africa het ‘n beduidende toename in waninligting en aanvalle op die integriteit van die Verkiesingskommissie opgemerk. Die hoof van Kommunikasie, Nomshado Nkosinkulu, het op die verspreiding van fopnuus op sosiale media platforms gewys, wat die werk van die OVK diskrediteer. Nkosinkulu het by die uitslagsentrum gepraat en ook verwys na dreigemente van geweld te midde van stemuitslae:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….