Nuus 20:00
VERKIESINGSBULLETIN 30 Mei 8 nm
Goeienaand. Ek is……..
In hierdie spesiale verkiesingsbulletin:
# Die tel van stemme duur voort met die ANC wat nasionaal voorloop, gevolg deur die DA en MK
# Die Verkiesingskommissie hanteer ‘n paar kleiner besware
# En die MK-party sê hy gaan nié met die ANC en DA koalisie gesprekke voer nie
# Voorlopige uitslae van die Verkiesingskommissie toon die ANC was ‘n rukkie gelede nasionaal voor, op 42,31-persent. Die DA was op 24,61-persent met die MK-party wat nou derde plek ingeneem het met 9,38. Die EFF is vierde met 9,1-persent en die Patriotic Alliance vyfde met 3,46-persent.
# Die Verkiesingskommissie sê intussen hy hanteer tans besware wat nie Woensdag, op verkiesingsdag, deur voorsittende beamptes by stemlokale opgelos kon word nie. ‘n Rukkie gelede was net meer as 31-persent van die nasionale stemme getel. Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die aantal besware wat hulle hanteer, is relatief onbeduidend:
# En, ten slotte: Die MK-party sê daar bestaan geen moontlikheid dat hy met die ANC en DA ‘n koalisie sal vorm nie. Dit lyk asof oudpresident Jacob Zuma se party die leier in die KwaZulu-Natalse wetgewer gaan wees. MK het ondersteuning in die landelike gebiede van KZN gewen terwyl stemme in stedelike gebiede nog nie getel is nie. Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, sê die party kan dalk saam met die EFF werk:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….