Nuus 18:00
BULLETIN 24 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC bepleit die Hooggeregshof-uitspraak oor president Cyril Ramaphosa moet gerespekteer word
# Cosatu is verlig die terugkoopkoers bly onveranderd
# En, Oostenryk open ‘n polisiestasie by Adolf Hitler se geboorteplek
# Die ANC verwelkom die Hooggeregshof in die Wes-Kaap se besluit om die Parlement se artikel 89-ampsklag-ondersoek teen president Cyril Ramaphosa tydelik te staak, terwyl sy aansoek om die proses te hersien, aangehoor word. Zuko Godlimpi van die party sê die uitspraak vrywaar Ramaphosa nie van aanspreeklikheid nie. Godlimpi het alle partye versoek om die uitspraak te respekteer en om die oorblywende regsprosesse sonder politieke inmenging te laat voortgaan:
Intussen, sê die African Transformation Movement die Parlement se Artikel 89-ampsklagkomitee sal voortgaan met administratiewe voorbereidings ondanks die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat sy openbare verhore tydelik gestaak het. Parlementêre leier, Vuyo Zungula, sê lede sal die uitspraak bestudeer en regsmenings inwin voordat besluit word watter dele van die proses kan voortgaan. Hy hou vol die Parlement moet sy grondwetlike oorsigrol vervul en meen die vertraging stel aanspreeklikheid uit:
# Die vakbondfederasie Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit verwelkom om die terugkoopkoers op sewe-persent te hou, aangesien dit verligting sal bring vir werkers en middelklas-huishoudings wat reeds sukkel met stygende lewenskoste. Zanele Sabela van die federasie sê ‘n rentekoersverhoging sou baie gesinne dieper in die skuld gedryf het, aangesien brandstofpryse die afgelope jaar skerp gestyg het terwyl elektrisiteitstariewe ook gestyg het:
# Oostenryk het ‘n polisiestasie by Adolf Hitler se geboorteplek geopen in ‘n poging om neo-Nazi-ondersteuners te ontmoedig om die terrein in ‘n pelgrimstogbestemming te omskep. Dit beëindig jare se debat oor hoe om een van die land se mees omstrede historiese landmerke te gehartig. Die opgeknapte gebou in Braunau am Inn, waar Hitler op 20 April 1889 gebore is, sal ‘n polisie-eenheid huisves wat spesialiseer in dwelmondersoeke, met die owerhede wat hoop dat dit ekstremistiese byeenkomste sal ontmoedig. Openbare vertoon van Nazi-simbole is onwettig in Oostenryk.
# Krieket: Die Brian Lara-stadion in Trinidad bied van môre sy eerste toets aan wanneer die Wes-Indiese Eilande teen Pakistan speel in die eerste van twee wedstryde in die Karibiese Eilande. Die stadion, vernoem na die voormalige Windie-legende, het in die verlede internasionale eendag- en T20-wedstryde aangebied voor dit die land se tweede toetsstadion en 13de in die streek geword het. Die Windies word as gunsteling beskou om die reeks te wen nadat hulle onlangs ‘n reeksoorwinning oor Sri Lanka behaal het, terwyl Pakistan 2-0 teen Bangladesj verloor het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-88-sent teen die dollar, 19-rand-19-sent teen die euro en 22-rand-47-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-346-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-52-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 92-dollar-6-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….