Nuus 18:00
BULLETIN 9 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# BOSA dring aan op verantwoordbaarheid terwyl die Parlement Mkhwanazi se skokkende bewerings bekyk
# Die regering gaan meer dokters en verpleegkundiges aanstel
# En krieket: Jofra Archer keer terug na toetse na ‘n afwesigheid van vier jaar
# Build One South Africa het sy beroep op president Cyril Ramaphosa herhaal om ondersoeke te bespoedig na die skokkende bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris , Nhlanhla Mkhwanazi. Dit betrek senior polisielede en die minister van Polisie, Senzo Mchunu, by politieke inmenging. Speaker Thoko Didiza het parlementêre komitees aangesê om die saak dringend te ondersoek. Roger Solomons van BOSA het Mkhwanazi geprys vir sy moed en gevra vir skorsings, ‘n geregtelike ondersoek en daadwerklike optrede om openbare vertroue te herstel:
AfriForum het intussen gevra dat voorgestelde veranderings aan die Reguleringsowerheid van die Privaat Sekerheidsbedryf se regulasies onmiddellik gestaak word, met verwysing na die toenemende skandaal waarby die sakeman Vusumuzi ‘Cat’ Matlala betrokke is. AfriForum vra ‘n onafhanklike ondersoek na PSiRA se bande met misdadige netwerke en politieke inmenging. Jacques Broodryk van AfriForum eis dissiplinêre en strafregtelike optrede teen amptenare wat Matlala se ondernemings toegelaat het om met bedrywighede voort te gaan ondanks ernstige aantygings teen hulle:
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het vandag ‘n begroting van sewe-miljard-rand ter tafel gelê wat beoog om openbare gesondheidsorg te verbeter en voor te berei vir die begin van die Nasionale Gesondheidsversekering. Die plan sluit in die bou van nuwe hospitale, die aanstelling van meer dokters en verpleegkundiges, en die permanente indiensneming van 27-duisend gemeenskaps-gesondheidwerkers. Motsoaledi het ook befondsing van 753-miljoen-rand aangekondig om MIV/Vigs en tuberkulose te beveg, wat ‘n nuwe MIV/Vigs-voorkomende inspuiting insluit:
# Die man wat aangekla word van die moord op die 14-jarige Lukhona Fose in Gauteng is borgtog van vyf-duisend-rand toegestaan in die Roodepoortse Landdroshof. Die meisie se verminkte liggaam is in ‘n oop veld naby haar huis ontdek ‘n dag nadat sy verdwyn het. Sy is in Komani in die Oos-Kaap begrawe. Mduduzi Mnisi se vriendin, Pinky Gontsa, het verlede week getuig sy was by hom die dag toe Lukhona weggeraak het. Die verdediging hou vol daar is geen bewyse wat Mnisi regstreeks met die moord verbind nie.
# Krieket: Jofra Archer maak môre op Lord’s sy langverwagte terugkeer na toetskrieket na vier jaar se afwesigheid weens beserings. Hy is in Engeland se span vir die derde toets teen Indië in die plek van die mede-snelbouler Josh Tongue. Dit is die enigste verandering aan die span wat die tweede toets met 336 lopies verloor het. Archer het aangename herinneringe van Lord’s waar hy die super-boulbeurt geboul het waarmee Engeland 2019 se Wêreldbekertoernooi gewen het voor hy later daardie seisoen ‘n uitstekende toets-buiging teen Australië gemaak het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-76-sent teen die dollar, 20-rand-83-sent teen die euro en 24-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-396-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-307-dollar-21-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 69-dollar-27-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….