Nuus 18:00
BULLETIN 3 Augustus 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA daag artikels van die Onteieningswet as ongrondwetlik uit
# Die verdediging bevraagteken die polisie se arrestasieproses van beskuldigde 1 in die Vusimuzi “Cat” Matlala-verhoor
# En, Rugby: Ondersoeke begin ná ‘n rassistiese skelwoord tydens ‘n Kaapse skolewedstryd
# Die DA in die Wes-Kaap het die Hooggeregshof genader om dele van die Onteieningswet ongeldig te verklaar. Die DA sê Artikels 19(2) en 19(3) behoort die wet heeltemal ongrondwetlik te maak. Die regsverteenwoordiger van die party, Karrisha Pillay, voer aan die Wet is deur ‘n gebrekkige wetgewende proses aanvaar en bevat irrasionele bepalings. Sy voer aan Artikel 19 bevat ‘n irrasionele volgorde vir die hantering van vergoedingsgeskille, wat hofbeslissings byna onmoontlik maak:
# Die polisie het na bewering versuim om behoorlike wetlike prosedures te volg toe hulle beskuldigde een, Musa Kekana, in hegtenis geneem het op ‘n klag van poging tot moord waarby Vusimuzi “Cat” Matlala en vier medebeskuldigdes betrokke is. Die verhoor binne ‘n verhoor in die Hooggeregshof in Johannesburg ondersoek die wettigheid van die arrestasie. Verdedigingsadvokaat Annalene van den Heever het aangevoer die polisie het die Strafproseswet oortree deur Kekana nie onmiddellik na sy inhegtenisneming na ‘n polisiestasie te neem nie:
# Die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane sê die provinsie is goed geplaas om ‘n toonaangewende hernubare energie-sentrum te word. Mabuyane het tydens die Suid-Afrika-China-beraad oor elektrisiteit- en energiebeleggings in China, die Oos-Kaap se moontlikhede vir wind-, son- en groenwaterstof-energie beklemtoon. Hy het aan die SABC gesê vennootskappe tussen die Wes-Kaap en die Noord-Kaap en ‘n beplande 500-kilometer lang transmissielyn sal infrastruktuur en nywerhede verbeter, beleggings lok en ekonomiese groei ontsluit:
# Duisende migrante bly gestrand in Spanje se Noord-Afrikaanse enklawe van Ceuta na ‘n massiewe grensbestorming verlede week vanuit Marokko. Honderde het kamp opgeslaan op plaaslike strande terwyl ontvangsentrums sukkel om die situasie te behartig. Spaanse owerhede sê byna 70-duisend migrante is reeds na Marokko teruggestuur, terwyl die dodetal tot 83 gestyg het. Die krisis het diplomatieke spanning binne die Europese Unie veroorsaak. EU-ministers van binnelandse sake sal na verwagting ‘n noodvergadering hou, nadat Spanje vir meer steun gevra het om die ontwikkelende humanitêre krisis te help bestuur.
# Rugby: Die hoërskole Fairmont en Settlers in Kaapstad het albei ondersoeke begin nadat ‘n wedstryd weens ‘n beweerde rassevoorval gestop is. Die skeidsregter het spel na die bewering van rassisme opgeskort, maar die skole kon nie bevestig wat gesê is of wie betrokke was nie. Die publiek is versoek om nie ‘n video van die voorval te deel of daarop kommentaar te lewer nie, en gewaarsku dit kan die proses benadeel. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement ondersteun die ondersoek en sal berading verskaf indien nodig. Geen bevindinge of dissiplinêre stappe is tot dusver aangekondig nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-49-sent teen die dollar, 19-rand-1-sent teen die euro en 22-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-132-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-30-dollar-94-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 87-dollar-8-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….