Nuus 18:00
NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 20 November 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Transnet sê dit kan tot 15 weke neem om die agterstand in die Durbanse hawe op te klaar
# ActionSA spreek sy teleurstelling uit oor die nuwe speaker van Johannesburg
# En, krieket: Australië se twee eindstrydhelde moes nie eens in die toernooi gespeel het nie
# Transnet reken dit kan sewe tot 15-weke neem om die vrag af te laai van die 63 vaartuie wat buite die Durbanse hawe voor anker lê. Dit veroorsaak vertragings wat die Kersstormloop vir invoerders kan beïnvloed. Daar word tans onderhandel om die hantering van vrag by die Durbanse houerterminale 1 en 2 te bespoedig. Die planne sluit in om die vermoë met houerhantering te vergroot en aandag te gee aan uitdagings op die korttermyn. Die agterstand raak streekshandel, met ‘n onlangse uitval by die Lebombo-grenspos en verhoogde gebruik van alternatiewe hawens. Transnet onderhandel met skeepsrederye vir die vrystelling van fooie vir toeslag weens opeenhoping.
# ActionSA het ontevredenheid uitgespreek omdat die ANC/EFF-koalisie die Stad Johannesburg se speaker behou. ‘n Raadslid van die African Independent Congress, Margaret Arnolds, het die rol aanvaar en vir Colleen Makhubele wat verwyder is, opgevolg. Die voorsitter van ActionSA in Gauteng, Funzi Ngobeni, het tydens vandag se raadsitting teleurstelling uitgespreek oor die afwesigheid van hul koalisievennoot, die DA. Ngobeni dring aan die DA moet verantwoording doen aan inwoners vir hul optrede. Hy beklemtoon die verbintenis om vol te hou in pogings om die ANC/EFF-geleide koalisie uit sy mag in die Stad Johannesburg te verwyder:
ENG-NgobeniOnDemocraticAlliance
# Die DA sê die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit in Gauteng het meer as ‘n halfmiljard-rand aan werknemers se oortyd bestee, maar dienslewering het verswak. Die party sê ondanks bewerings dat die betaling van oortyd, dienste verbeter het, ly inwoners steeds weens vullisverwydering wat laat is, watertekorte en swak padtoestande. Volgens ‘n antwoord op navrae van die DA is 537,9-miljoen-rand aan oortyd bestee, met aansienlike bedrae gedurende die boekjare 2020/21 en 2021/22. Die DA beplan om druk op die LUR vir Samewerkende Regering, Mzi Khumalo, te plaas om die situasie te beredder.
# Krieket: Daar is glad nie verwag Australië se twee helde in die Wêreldbeker-eindstryd teen Indië sou in die toernooi speel nie. Travis Head en Marnus Labuschagne se vennootskap van 192 lopies het die oorwinning verseël en bygedra dat Australië die gasheer, Indië, met ses paaltjies troef en die trofee vir ʼn rekord sesde keer inpalm. Head het sy hand gebreek twee weke voor die aanvang van die toernooi terwyl Labuschagne eers speelkans gekry het toe spanmaats beseer is. Head was die speler van die wedstryd vir sy 137 lopies terwyl Labuschagne ʼn onoorwonne 58 bygedra het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-44-sent teen die dollar, 20-rand-14-sent teen die euro en 22-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 37-duisend-2-dollar-41-sent. Die prys van goud is een-duisend-966-dollar-50-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-8-sent per vat.
# Om mee af te sluit: Die organisasie, Faith Action to End GBV Collective, het ‘n mobiliserings-veldtog begin weens die kommerwekkende misdaadstatistiek. Tydens die tweede kwartaal is meer as 10-duisend verkragtingsvoorvalle aangemeld waarby vroulike slagoffers betrokke was, ondanks ‘n vermindering van 35,9-persent in seksuele misdrywe. Geloofsleiers en gemeenskappe wat aan die veldtog deelneem, beloof om geslagsgeweld te voorkom, in ooreenstemming met die doelwitte van die Nasionale Strategiese Plan. Die koördineerder, Daniela Gennrich, het aan SABC Nuus gesê die geloofsektor het ‘n belangrike rol om te speel in die bekamping van geslagsgeweld en vrouemoord:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….