Nuus 18:00
BULLETIN 21 November 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Ontleder beklemtoon President Ramaphosa is reg om Amerika se afgradering van G20-presidentskapsoorhandiging te verwerp
# Minister Velenkosini Hlabisa sê geslagsgeweld en vrouemoord is ‘n nasionale krisis, nie net ‘n vrouekwessie nie
# En, die DA eis toerekenbaarheid in die stryd teen geslagsgeweld
# ‘n Ontleder van die Universiteit van Johannesburg, Oscar van Heerden, sê president Cyril Ramaphosa het dit duidelik gemaak Suid-Afrika sal nie ondermyn word nadat Amerika besluit het om ‘n lae-vlak afvaardiging na die G20-leiersberaad in Johannesburg te stuur nie. Ramaphosa het geweier om die G20-presidentskap te oorhandig aan ‘n junior verteenwoordiger van die Amerikaanse ambassade. Van Heerden sê die oorhandiging is ‘n hoëvlak-seremonie en waarsku bilaterale spanning kan vererger:
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê geslagsgeweld en vrouemoord is ‘n nasionale krisis, nie net ‘n vrouekwessie nie met die klassifisering daarvan as ‘n nasionale ramp. Die nasionale uitvoerende gesag sal optrede lei, terwyl die regering, gemeenskappe sowel as die privaatsektor voorkomings- en ondersteuningstelsels versterk. Die woordvoerder, Pearl Maseko-Binqose, sê belangrike stappe sluit in die 90-dae-geslagsgeweld en vrouemoord-versnellingsprogram, die skep van nog sorgsentrums en sterker howe vir seksuele oortredings:
Verder, doen die DA doen ‘n beroep op die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, om dringend leefstyl-oudits te laat doen van alle senior polisie-leiers. Die party se woordvoerder Lisa Schickerling sê korrupsie in hoër range dreineer bronne van voorstelinie-dienste, veral Gesinsgeweld- en Kinderbeskermings-eenhede. Sy sê leefstyl-oudits sal onverklaarde welvaart onthul, toerekenbaarheid verseker en integriteit herstel:
# Die Gautengse Drankhandelaarsvereniging sê die sjebien-permitkrisis duur te lank voort. Volgens die vereniging sukkel duisende sjebiens steeds met tydelike permitte, agt jaar nadat die Hooggeregshof in Johannesburg behoorlike lisensies gelas het. Hulle wil hê die regering moet die stelsel dringend regstel sodat sjebiens wettig en veilig kan handel dryf. Jongikhaya Kraai van die vereniging sê vertragings, verwarrende reëls en streng sonering blokkeer ondernemings en plaas werksgeleenthede in gevaar:
# Motorsport: Cadillac, wat volgende jaar aan Formule Een deelneem, het duidelike teikens vir sy debuutseisoen gestel en sal fokus op uitvoering en ontwikkeling eerder as wedrenuitslae. Spanhoof Graeme Lowdon sê dit is onmoontlik om op hierdie stadium realistiese kampioenskapsteikens te stel. Sergio Perez van Mexiko en Valtteri Bottas van Finland is Cadillac se renjaers. Lowdon sê hy besef F1 is moeilik, en sê hulle kan nie net inspring en meeding met spanne wat dit al jare lank doen nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-38-sent teen die dollar, 20-rand-1-sent teen die euro en 22-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-576-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-74-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 61-dollar-82-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….