Nuus 18:00
BULLETIN 17 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Activists and Citizens Forum vra vir ontbinding van die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie
# Die DA verwelkom Binnelandse Sake se lewering van 400-duisend Slim-ID’s by banktakke
# En sokker: Argentinië se afrigter kom teen sy mentor te staan in Sondag se Wêreldbekereindstryd
# Die Activists and Citizens Forum het weer gevra vir die ontbinding van die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie na getuienis voor die Madlanga-kommissie. Woordvoerder Dennis Bloem sê senior ondersoeker Brian Padayachee se getuienis het beweerde misbruik binne die eenheid blootgelê rondom die arrestasie van die hoof van Misdaadintelligensie, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, en ses ander senior offisiere vir bedrog en korrupsie wat met onreëlmatige aanstellings verbind word. Hy het die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, versoek om die Direktoraat te ontbind:
# Die DA het die Departement van Binnelandse Sake se mylpaal geloof waar meer as 400-duisend aansoeke vir slim-ID’s deur sy nuwe Digitale Vennootskapmodel met die banksektor verwerk is. Absa het nou aangesluit by banke soos Capitec, Standard Bank en First National Bank, wat Suid-Afrikaners toegang gee tot slim-ID-dienste by ‘n landwye netwerk van 296 deelnemende banktakke. Adrian Roos van die DA sê ʼn identiteitsdokument is ʼn wegspringplek na geleenthede:
# Die vakbond GIWUSA verwerp die afleggingsvoorstelle van die farmaseutiese vervaardiger, Adcock Ingram. Die maatskappy het die vakbond met ʼn Artikel 189A-kennisgewing bedien dat hy 250 werkers by die Clayville-aanleg in Ekurhuleni, Gauteng, wil aflê. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, sê Adcock Ingram se besnoeiing-strategie is ʼn aanval op werkers:
# Die Suid-Afrikaanse hernubare hulpbron-onderneming Sappi het aangesluit by die Padkaart na Zero-program wat die Stigting vir die Zero-vrystelling van Gevaarlike Chemikalieë geskep het om skadelike chemikalieë uit wêreldwye modevoorsieningskettings te verwyder. Die onderneming verskaf deur middel van sy Sappi Verve-handelsmerk oplosbare houtvesels wat gebruik word om volhoubare tekstiele te vervaardig. Sappi sê die vennootskap sal verantwoordelike chemiese bestuur versterk en deursigtigheid in die voorsieningsketting bevorder. Die program sal ook samewerking met vervaardigers en handelsmerke ondersteun om veilige en volhoubare tekstielproduksie wêreldwyd aan te moedig.
# Sokker: Argentinië se afrigter, Lionel Scalone, kom teen sy Spaanse mentor te staan in Sondag se Wêreldbeker-eindstryd. Luis de la Fuente was sy instrukteur toe hy in 2017 in Spanje studeer eht vir sy beroepsafrigtings-lisensie. Die 48-jarige Scalone het die volgende jaar as afrigter van sy land oorgeneem en hulle in 2022 tot die titel gelei. Die 65-jarige De la Fuente het ook ‘n oplewing in Spaanse sokker teweeggebring sedert hy in Desember 2022 oorgeneem het. Frankryk en Engeland speel môre in die uitspeelstryd om derde plek.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-52-sent teen die dollar, 18-rand-88-sent teen die euro en 22-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-115-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-993-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 85-dollar-88-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….