Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Januarie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Departement van Basiese Onderwys gee ‘n uiteensetting van sy leerder-swangerskapsbeleid
# Die DA gaan aanklagte indien oor die verhindering van toesig by die Tembisa-hospitaal
# En, tennis: Qinweng Zheng beklink die laaste plek in die vroue-halfeindronde in Melbourne
# Die Departement van Basiese Onderwys het ‘n Leerder-swangerskaps-beleid uiteengesit. Statistiek Suid-Afrika het ‘n swangerskapsyfer van vier-persent onder leerders van 14- tot 19-jaar-oud tussen 2018 en 2022 aangedui. Die beleid sluit in bepalings vir leerderbehoud en ‘n mediese sertifikaat vir veiligheidsversekering. Leerders kan skoolgaan tot hulle agt maande swanger is, en pa’s ouer as 16 moet vervolg word. Nthabiseng Sepanya-Mogale van die Kommissie van Geslagsgelykheid bly nietemin bekommerd oor die hoë koers van tienerswangerskappe:
# Die DA gaan teen die Gautengse LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, optree omdat die party verhoed is om ‘n grondwetlike toesig by die Tembisa-hospitaal uit te voer. Hulle beweer hulle is onwettig verbied om die perseel te betree tydens ‘n onaangekondigde toesigbesoek. Die party bevraagteken die motief te midde van ontstellende berigte van pasiënte wat in tente en op die vloer moet slaap. Solly Msimanga van die DA sê die hospitaal, geteister deur korrupsie, het na bewering byna een-miljard-rand aan bedrieglike transaksies bestee:
# ‘n Onlangse verslag deur die Komitee vir die Beskerming van Joernaliste skets ‘n somber prentjie vir Afrika suid van die Sahara. Die aantal joernaliste wat opgesluit is, het verlede maand gestyg tot 47, van 31 in 2022. Die komitee plaas Eritreë op die voorpunt van mediavryheid-skenders in Afrika, met 16 joernaliste agter tralies. Ethiopië is tweede, met agt joernaliste in aanhouding, gevolg deur Kameroen met ses. Die komitee is bekommerd oor die gebrek aan wêreldwye aandag aan die lot van joernaliste wat in Afrika se tronke toegesluit is.
# Tennis: Qinwen Zheng het die laaste plek bespreek in die halfeindronde vir vroue op die Australiese Ope. Die 12de gekeurde het Anna Kalinskaya van Rusland in drie stelle verslaan in vandag se vierde kwarteindstryd. Zheng speel teen Dayana Yastremska van Oekraïne, wat die eerste kwalifiseerder sedert 1978 is om na die halfeindronde in Melbourne deur te dring. Die ander halfeindstryd sal na verwagting ‘n riller wees tussen die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, en die huidige Amerikaanse Ope-kampioen, Coco Gauff van Amerika.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-81-sent teen die dollar, 20-rand-55-sent teen die euro en 24-rand-2-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 39-duisend-834-dollar-18-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-33-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 79-dollar-96-sent per vat.
# Ten slotte: Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, gaan môre in die Sobantu-gemeenskapsaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ʼn multimiljoen-rand skenking van gesondheidstoerusting van die Duitse Ontwikkelingsbank in ontvangs neem. Die skenking van 500-miljoen-rand sluit in mobiele gesondheidsklinieke, gespesialiseerde entstof-yskaste, entstofdraers, temperatuur-moniteringstoestelle en inligtingstegnologie-toerusting. Die skenking is daarop gemik om die regering se pogings te ondersteun om die openbare gesondheidstelsel te verstrek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….